{"items":["5ff06e713803fe001721ed74","5fdca6e8c960a800172a810f","5fca28b27b78300017a25a1e","5fbf84ffad8824001742b2ec","5fb4e2d182af8600172fc489"],"styles":{"galleryType":"Columns","groupSize":1,"showArrows":true,"cubeImages":true,"cubeType":"max","cubeRatio":1.7777777777777777,"isVertical":true,"gallerySize":30,"collageAmount":0,"collageDensity":0,"groupTypes":"1","oneRow":false,"imageMargin":12,"galleryMargin":0,"scatter":0,"chooseBestGroup":true,"smartCrop":false,"hasThumbnails":false,"enableScroll":true,"isGrid":true,"isSlider":false,"isColumns":false,"isSlideshow":false,"cropOnlyFill":false,"fixedColumns":0,"enableInfiniteScroll":true,"isRTL":false,"minItemSize":50,"rotatingGroupTypes":"","rotatingCropRatios":"","columnWidths":"","gallerySliderImageRatio":1.7777777777777777,"numberOfImagesPerRow":3,"numberOfImagesPerCol":1,"groupsPerStrip":0,"borderRadius":0,"boxShadow":0,"gridStyle":0,"mobilePanorama":false,"placeGroupsLtr":false,"viewMode":"preview","thumbnailSpacings":4,"galleryThumbnailsAlignment":"bottom","isMasonry":false,"isAutoSlideshow":false,"slideshowLoop":false,"autoSlideshowInterval":4,"bottomInfoHeight":0,"titlePlacement":["SHOW_ON_THE_RIGHT","SHOW_BELOW"],"galleryTextAlign":"center","scrollSnap":false,"itemClick":"nothing","fullscreen":true,"videoPlay":"hover","scrollAnimation":"NO_EFFECT","slideAnimation":"SCROLL","scrollDirection":0,"scrollDuration":400,"overlayAnimation":"FADE_IN","arrowsPosition":0,"arrowsSize":23,"watermarkOpacity":40,"watermarkSize":40,"useWatermark":true,"watermarkDock":{"top":"auto","left":"auto","right":0,"bottom":0,"transform":"translate3d(0,0,0)"},"loadMoreAmount":"all","defaultShowInfoExpand":1,"allowLinkExpand":true,"expandInfoPosition":0,"allowFullscreenExpand":true,"fullscreenLoop":false,"galleryAlignExpand":"left","addToCartBorderWidth":1,"addToCartButtonText":"","slideshowInfoSize":200,"playButtonForAutoSlideShow":false,"allowSlideshowCounter":false,"hoveringBehaviour":"NEVER_SHOW","thumbnailSize":120,"magicLayoutSeed":1,"imageHoverAnimation":"NO_EFFECT","imagePlacementAnimation":"NO_EFFECT","calculateTextBoxWidthMode":"PERCENT","textBoxHeight":60,"textBoxWidth":200,"textBoxWidthPercent":75,"textImageSpace":10,"textBoxBorderRadius":0,"textBoxBorderWidth":0,"loadMoreButtonText":"","loadMoreButtonBorderWidth":1,"loadMoreButtonBorderRadius":0,"imageInfoType":"ATTACHED_BACKGROUND","itemBorderWidth":1,"itemBorderRadius":0,"itemEnableShadow":false,"itemShadowBlur":20,"itemShadowDirection":135,"itemShadowSize":10,"imageLoadingMode":"BLUR","expandAnimation":"NO_EFFECT","imageQuality":90,"usmToggle":false,"usm_a":0,"usm_r":0,"usm_t":0,"videoSound":false,"videoSpeed":"1","videoLoop":true,"gallerySizeType":"px","gallerySizePx":292,"allowTitle":true,"allowContextMenu":true,"textsHorizontalPadding":-30,"itemBorderColor":{"themeName":"color_12","value":"rgba(191,191,191,0.75)"},"showVideoPlayButton":true,"galleryLayout":2,"calculateTextBoxHeightMode":"MANUAL","targetItemSize":292,"selectedLayout":"2|bottom|1|max|true|0|true","layoutsVersion":2,"selectedLayoutV2":2,"isSlideshowFont":true,"externalInfoHeight":60,"externalInfoWidth":0.75},"container":{"width":339,"galleryWidth":351,"galleryHeight":0,"scrollBase":0,"height":null}}
BAIE WELKOM!
Op ons webtuiste sal jy al die nodigste inligting vind. Indien jy egter nie regkom nie, maak asb. met ons kontak - ons wil jou baie graag help en tot diens wees. Jy kan vir ons 'n boodskap deur die webwerf stuur. Klik hier.
Belangrike Inligting
Indien u aanklank vind by die familiegeïntegreerde aanslag en u dit wil waag om saam met ‘n groepie entoesiastiese gelowiges, al vertrouend, in Jesus se voetspore te loop, is u meer as welkom om by ons besoek af te lê en in te skakel. Maak gerus met die leraar of die skriba kontak indien u verdere inligting benodig of verlang dat ons ‘n besoek by u moet kom aflê. Indien u belangstel om die weeklikse inligtingsbriefie van die gemeente te ontvang, kan u u eposadres aan die skriba beskikbaar stel en dan verwag om dit elke Vrydag te ontvang. Alternatiewelik kan u op hoogte bly van spesifieke gebeure en bedienings in/om die gemeente, deur u selfoonnommer aan die skriba beskikbaar stel.

Kategese
Sondae na die erediens.
Ons skryf ons eie kategesemateriaal met ons kinders se unieke omstandighede en uitdagings in gedagte. Kategese duur normaal 20 minute na afloop van die erediens, terwyl die ouers heerlik kan kuier rondom 'n koppie goeie koffie/tee. PS: Coffee-Snobs is ook welkom!

Eredienste
Sondae 09:30
Ons eredienste gebeur in 'n gemaklike atmosfeer. Ons plaas 'n hoë premie op die daarwees en betrokkenheid van alle ouderdom kinders in 'n erediens. Daar is wel 'n kinderkamer met 'n badkamer beskikbaar. In die agterkant van die kerkgebou is 'n ruimte waar ouers met hul kinders die diens kan bywoon.

Leraar
Ds. Nadia Muller
Tel: 072 388 5406
Tel: 021 874 1486
E-pos:
Kontak Ons
R45 Simondium/Franschhoek pad
0218741338
Bankbesonderhede
Simondium Familiekerk
ABSA Tjekrekening:
740590391
Takkode:
632005
Meer oor die gemeente
Die gemeente wat sy staan alreeds 60 jaar gelede in die vallei gemaak het, en terugkyk op ‘n mooi en ryke geskiedenis, beleef nou ‘n nuwe bloeitydperk en daar is ‘n nuwe droom van hoop en herlewing wat opflikker!
In hierdie nuwe tyd wil die gemeente graag bekendstaan as die Simondium Gesinskerk. Sy eredienste is familiegeïntegreerd met ‘n spesifieke fokus op kinders.
HOE LYK DIE TOEKOMS?
Die Simondium gemeente bevind hom reg in die middel van groot en groeiende eiendomsontwikkelings soos Val de Vie, Pearl Valley en Uitgezocht. Omdat die Privaatskool Pierre Simond feitlik op ons drumpel lê en omdat daar groot uitbreidings aan die skool voorsien word, het die gemeente homself eintlik alreeds begin voorberei vir ‘n sterk jeugbediening!
Ons het op 19 Januarie 2020, vir ds. Nadia Muller bevestig in 'n volle leraarspos.
“The Church must be intelligible to the simple as well as to the shrewd”